Een van die belangrikste rolle gedurende jou trou beplanning, is die van ‘n Seremoniemeester.

Daar is ‘n groeiende moderne neiging om ‘n professionele persoon te huur & ‘n paar goeie redes om dit te oorweeg – ek deel dit graag met julle:

‘n Seremoniemeester dien deesdae nie net as ‘n goeie spreker nie maar ook as ‘n TROU BESTUURDER. Kom ons draai nie doekies om nie – deesdae se troues kos ‘n fortuin en kan selfs geklassifiseer word as ‘n produksie – hetsy dit ‘n drama, strokiesverhaal of selfs ‘n musical is?

Die seremoniemeester dien as die gasheer, kommunikeerder, sentrale koördineerder, bestuurder en adviseur.

‘n Professionele, gehuurde Seremoniemeester verstaan die belangrikheid van die dag en maak seker dat die aandag gefokus word op die bruidspaar – dit is immers hulle dag?

Planne op die dag sal altyd verander. My doel as seremoniemeester is om vooruit te dink en krisisse te bestuur sonder dat jy of jou gaste eers daarvan weet.

Jou MC moet interaktief met gaste optree, inligting verskaf en saam met die venue koördineerder werk om alle geskeduleerde geleenthede vir die dag te bestuur.

Kontak

KOM ONS PRAAT!

Waarmee help ek? Stuur ‘n epos of moenie huiwer om my direk te kontak of WhatsApp met enige navrae nie.