L’AQUILA COUNTRY ESTATE

Bruidspaar: Hendré & Janelle du Toit
Trou Datum: 27 Junie 2014
Trou Venue: L’Aquila Wedding Venue
Adres: 9 Bronkhorstspruit Rd, Pretoria
Kontak: 012 802 0522

Jeandré Venter was my seremoniemeester vir my troue op 27 Junie 2015. Ek is die dansonderwyser by HS Wonderboom waar Jeandré op skool was.

Jeandré is baie kreatief en pak baie projekte met entoesiasme en toewyding aan. Gedurende sy skool loopbaan het ek saam met hom gewerk met baie produksies. Hy was ‘n hard werkende danser en het baie choreografiese voorstelle gemaak. Hy het die dansers gelei om saam as ‘n groep te werk. Hy het ook gewerk as my agterverhoogbestuurder vir ons produksie, “An Orphaned Christmas”, wat in die Arenateater van die Staatsteater opgevoer was en gedien het as ‘n fondsinsameling vir Jakaranda Kinderhuis. Jeandré het goeie leierskap eienskappe en mense volg en respekteer hom maklik.

By my troue het hy die rol van seremoniemeester uitstekend vertolk deur om die atmosfeer lig en vrolik te hou terwyl hy die belangrikheid van hierdie dag onthou het. Hy was die konneksie tussen die fotograaf, troue beplanner, kombuis, familie en vriende en het die aand laat vloei sonder dat daar enige voorvalle plaas gevind het. Hy het ook die troue verpersoonlik deur om my en my man te verras met ‘n “flash mob” wat al die gaste vir ons opgevoer het op ‘n liedjie wat as ‘n “inside joke” vir my en my vriendinne gedien het. Hy het die dag professioneel en sentimenteel hanteer en ek sal vir altyd dankbaar wees aan hom.

Jeandré is suksesvol in alles wat hy aanpak en ek wens hom alle sukses toe.

Vriendelike groete
Janelle du Toit

STANDERTON WATERFRONT LODGE TROUE

Bruidspaar: JP & Aimee-Ann Bothma
Trou Datum: 17 Januarie 2015
Trou Venue: Standerton Waterfront Lodge
Adres: Portion 9, Plaas Verblyden, Standerton, 2430
Kontak: 082 777 8689

Aimee and Jp Bothma Wedding

We had the honour of having Jeandre Venter as our wonderful master of ceremonies at our wedding, 17 Jan 2015.

Our experience was a fabulous, pleasing , delightful and absolute fun one.

Jeandre was our first choice and we would strongly recommend him.

We knew when it came to handling the order of events of the day that he would not disappoint.

When meeting with him, we were quickly put at ease by his confident nature to manage things to perfection.

We simply told him what we wanted and entrusted him with his own innovative for the rest.

Not only did he handle the day like a pro, we never had to stress once, he also has a fantastic sense of humour and greatly kept everyone entertained all evening.

We never doubted in him and he most definitely out did our expectations.

We highly recommend Jeandre Venter as a master of ceremonies and he could even plan your entire event should you need him to.

What a champ!

Regards
Aimee and Jp Bothma

Y-DI-DORP-YT TROUE 

Bruidspaar: Jaun & Marizaan Janse van Vuuren
Trou Datum: 13 Junie 2015
Trou Venue: Y di Dorp Yt Trou Venue
Adres: Kenneth Street, Boekenhoutkloof, Pretoria, 0030
Kontak: 083 407 8353


Ek sal Jeandré Venter verseker aanbeveel om enige bruid en bruidegom se dag spesiaal te maak. Hy is baie professioneel en georganiseerd.

Ons kon nie vir n beter seremoniemeester gevra het nie. Daar was nie n ding uit plek en niks het skeef geloop nie, alles was op die minuut op tyd. Jeandré was betyds vir elke afspraak en het baie goeie insette gelewer hoe die program moet volg. Ons DJ het op ‘n stadium verdwaal en Jeandré het tot dit professioneel hanteer dat ek nie eens daarvan geweet het nie en soos beplan het ek OP DIE KOP 3uur by die kerk ingestap.

Die grootste verrassing van die dag was die vermaak met ons gaste terwyl ons besig was om foto’s te neem, het Jeandre ons gaste n “flash mob” dans geleer, terwyl ek en my man voorgereg geëet het, spring al wat n gas is op “oumas, oupas, ooms, tannies en kinders” en begin vir ons n dansie te dans.. dit was so spesiaal en ons sal dit altyd onthou. Almal praat nou nog daaroor.

Die eienaars van die venue het gese hul het nog nooit so iets beleef nie, alles was net so op tyd  en georganiseerd.. niks het skeef geloop nie en dit alles te da danke aan Jeandre.

Jeandre is verseker die X-faktor wat nodig is by elke troue of selfs funksie. Ons is bevoorreg om hom te kon he op ons spesiale dag!

Groete
Marizaan en Jaun Jansen van Vuuren

CHERIO GARDENS MAGOEBASKLOOF TROUE

Bruidspaar: Rudolf & Annemieke Osmers
Trou Datum: 26 Maart 2016
Trou Venue: Cherio Gardens
Adres: L4.2, Magoebaskloof, Haenertsburg, 0730
Kontak: 083 355 0835

Wat ‘n wonderlike voorreg was dit om ons troudag deur Jeandré Venter te laat begelei. Van die begin tot einde was hy op sy hoede en gereed om regagteroor te buig vir ons, die trou-paartjie se baie behoeftes.

So besluiteloos soos wat ‘n bruid en haar ‘gom’ kan wees, was niks vir hom te veel moeite of ‘n probleem nie. Hy, Jeandré Venter, seremoniemeester, maak ‘n plan. Kreatief, behulpsaam, oplettend, spontaan, toegewyd en nie bang om sy hande uit te steek nie!

Jeandré is uiters professioneel, van die eerste ontmoeting regdeur die “I dos” todat die heel laaste gaste vertoef. Hy het my en my man dadelik op ons gemak laat voel, deeglik notas geneem en defnitief voorbereid gekom met ‘n plan A, B en C vir al die onsekerhede wat ons moontlik sou hê.

Hy is nie bang om ‘n trou-paartjie te bederf met verrassingselemente wat elke bruid en bruidegom se spesiale dag net kroon. Met deeglike navorsing en bereidwilligheid het Jeandré, ons seremoniemeester, ons hoogste verwagtinge oorskry.

As ek weer kon trou het ek alles dieselfde gedoen, met Jeandré Venter heel bo-aan my lys. Want ‘n goeie seremoniemeester is die sleutel tot ‘n suksesvolle geleentheid. Geniet elke oomblik van beplanning.

Groete,
Rudolf & Annemieke Osmers

Dit was wonderlik om te weet dat ek rustig kon slaap en opstaan en weet ons dag sou nie een kinkel in die kabel gehad het nie. Jy is topklas!

 

ROCK FALLS RANCH TROUE

Egpaar: André & Johan Venter van Zyl
Trou Datum: 1 April 2017
Trou Venue: Rock Falls Ranch
Adres: Hoekplaas, Main Road (M26), Erasmia, Pretoria
Kontak: 012 370 1110

Gedurende 2016 het ek en my verloofde besluit om op 1 April 2017 in die huwelik te tree. Ons het begin met al die reelings en was ons grootste kopseer wie om as Seremoniemeester te gebruik. Die figuur was die spul waarom ons spesiale dag moes draai en was dit uiters belangrik vir ons aangesien dit ‘n huwelikseremonie kan maak of breek.

Na vele kopsere en oorwegings van wie om as Seremoniemeester te gebruik het ‘n vriendin, Jeandré Venter aanbeveel. Sy was op ‘n troue waar hy as Seremoniemeester opgetree het en was uit die veld geslaan.

Wat ‘n verligting! Tydens ons eerste afspraak met hierdie jong spontane man was ons baie beindruk met die wyse waarop hy, van ons ontmoeting af alles onder beheer gehad het. Sy voorbereiding en die uiteensetting van die hele program vir ons spesiale dag het ons oë laat rek en het ons geweet….HY IS DIE EEN. Selfs ‘n tydsberekening skedule vir die hele troudag was voorberei. Hy het verseker dat die dag glad verloop. Hy het homself as Seremoniemeester aan almal bekend gestel en die gaste van die begin af op hul gemak laat voel deur hul vriendelik en hartlik te verwelkom en ‘n opgewondenheid onder almal gekweek.

Tydens die onthaal het hy ons as getroude paartjie aan die gaste bekend gestel. Sy spontane woordkeuse, grappies hier en daar en profesionele voorkoms het almal op hul gemak laat voel. Tydens ons seremonie was daar gedurigdeur ‘n afwagting van iets wat kan gebeur. Gaste se aandag was gedurig gebind en Jeandré weet presies hoe om almal deel van die seremonie te maak. Al sy take as Seremoniemeester was uiters profesioneel hanteer en het hy ook aan al ons behoeftes en wense voldoen. Hy was voortdurend op sy gemak aangesien sy beplanning en orde reelings van hoogstaande gehalte was.

Ons het Jeandré Venter sederdien al by verskeie ander paartjies wat wil troue as Seremoniemeester aanbeveel. Hul almal het hom as die orde meester van hul troudag se verrigtinge gebruik en aan ons terugvoer gegee dat hul uiters tevrede was.

Jeandré is verseker ‘n aanwins en die beste Seremoniemeester wat ek nog op enige troue tee gekom het. Sy spontane geaardheid en perfeksionisme het ‘n baie groot rol gespeel tot die sukses van ons spesiale dag.

Jeandré Venter was die een wat ons troudag ‘n reuse sukses gemaak het en is daar verseker geen punte waarop hy hoef te verbeter nie.

Ons beveel hierdie jong man aan as die beste Seremoniemeester wat enige paartjie se spesiale dag saam met hul gaste sal opkikker en ‘n wonderlike samesyn sal verseker.

Liefde,
Venter Van Zyl Egpaar

ZAKOPANE TROUE

Bruidspaar: Dawie & Eldurie Joubert
Trou Datum: 15 Julie 2017
Trou Venue: Zakopane Country Village
Adres: Farm 218 R566 De kroom Brits, Brits, 0250
Kontak: 071 265 9262

Dit is vir ons is ‘n besondere voorreg om te getuig dat Jeandre Venter ons troudag werklik ‘n sprokiesdag gemaak het waarvan elke bruid en bruidegom sal droom om te hê. ‘n Troue verg ongelooflike fyn beplanning waarvan Jeandre bewys het dat sy vermoë nie in waarde gemeet kan word nie.

Ten opsigte van Jeandre se beplanning, was hy van dag een af hoogs professioneel en voorbereid.

Hy het alle projekte positief, entoesiasties en met volharding aangepak met ons geluk heel eerste op sy lys. Dit was vir ons duidelik dat hy uit sy pad gegaan het om als so perfek as moontlik te maak en dat hy werklik omgee en ekstra moeite doen waar moontlik. Hy het ons op verskeie ontmoetings met duidelikheid, idees gegee en saam met ons die troue beplan en van al die harde werk het hy skoonskip gemaak.

As serimonimeester het Jeandre die dag van begin tot bittereinder perfek laat vloei – met ‘n sterk, positiewe, vriendelike en oortuigende persoonlikheid het hy gaste se fokus op alle tye gehad waar dit moes wees. Al die gaste op die troue was deur hom ingelig oor die gebeure en presies wat van hul verwag was en nie te min was gaste vermaak tot so mate dat ons gedurig van vriende en familie vertel word oor die besondere manier hoe hy alles hanteer en beplan het.

Jeandre se diens was vir ons baie waardevol en sal hom enige tyd sonder voorbehoud aanbeveel.

Groete,
Dawie & Eldurie Joubert

 

MORGENZON TROUE

Bruidspaar: Gerrit & Natasha Nolte
Trou Datum: 25 Augustus 2017
Trou Venue: Morgenzon Estate
Adres: 12 Airport Rd, Cynthia Vale AH, Pretoria, 0001
Kontak: 079 895 8324

By ons onlangse troue het ons net weer besef hoe belangrik dit is om ‘n seremoniemeester by jou troue betrokke te he.

Daar is baie werk wat ingesit word in die voorbereiding van ‘n troue en so ook op jou spesiale dag en hoewel die groep mense wat bereid is om te help taamlik vining toeneem, is dit nog ver van voldoende af.   Elke bruid en bruidegom het ‘n handlanger nodig.

Terwyl baie mense ‘n seremoniemeester beskou as die man-met-die-mikrofoon wat gaste welkom heet en grappies vertel ten koste van die bruidegom, is hierdie grapkas eintlik ‘n sleutelfiguur in elke troue. ‘n Goeie seremoniemeester moet op sy voete kan dink en koelkop bly in ‘n stresvolle situasie, om enige krisis te ontlont en so te help verhoed dat dit nie jou onthaal op sy kop draai nie.

So het ons op die beste seremoniemeester besluit wat elke oomblik van ons troue spesiaal laat voel het. Jeandre Venter, ‘n uitmuntende spreker en organiseerder en baie kreatief wat die vermaak, gedurende die onthaal, aanbetref.

Van die begin van konsultasie, voorbereiding en uiteindelik die GROOT dag, was hy uit en uit professioneel en behulpsaam. Tydens die konsultasie bespreek hy elke aspek en verrigtinge van jou trou dag met jou en maak seker dat hy op hoogte is van wat jou begeerte en behoeftes is vir julle spesiale dag en doen moeite om die name en telefoon nommers van jou verskaffers te kry, welke aspek die belangrikste is.

Jeandre dien nie as ‘n seremoniemonster nie, maar juis die teenoorgestelde, hy laat die MEESTER uit die seremonie kom en BEMEESTER dit uitstekend. Hy het selfs sovêr gegaan as om vir ons ‘n spesiale vermaak verrassing aan te bied, saam die gaste terwyl ons fotos geneem het. Dit was die hoogte punt van ons aand en besonders oulik.

Ons sou beslis Jeandre Venter aanbeveel aan enige persoon wat ‘n stres-vrye en genotvolle troue wil beleef.  Gaste sal verewig gons oor julle trou dag want hulle sal elke oomblik geniet.

Liefde
Gerrit en Natasha Nolte

JONKERSHOEK TROUE

Bruidspaar: Theuns & Lindi Loubser
Trou Datum: 2 Junie 2018
Trou Venue: Privaat Plaas Woud Troue
Adres: Jonkershoek, Pretoria
Kontak: 083 805 7817

HOEKOM ONS JEANDRE VIR JOU TROUE AANBEVEEL

Niemand kan mens voorberei vir jou troue en al die reëlings wat gepaard gaan met die dag nie. Dis ‘n oorvloed van emosies: opgewondenheid, blydskap maar ook tonne stres en ons almal wil “die perfekte strokiesverhaal” troue hê wat seepglad verloop. Maar mens dink net doodeenvoudig nie aan als nie, nie eers naastenby nie!

Hoe moet mens ook nou als weet? Meeste raad wat mens kry is van jou ma, skoonma, oumas en tannies wat al baie jare getroud is en self nie aan als kan dink, of onthou nie. Ek was al op hoeveel pragtige troues, maar daar het net daai “iets” gekort, of sal ek sê iemand…

Almal ken “seremoniemeester-materiaal” of ‘n broer, of ‘n beste vriend of ‘n neef of oom of wat ookal. Hulle tref ‘n paar reëlings daai dag, vertel n grap of drie, en dan sien jy hom gewoonlik nie weer nie.

Wat maak Jeandre anders? Hy is soveel meer as net n seremoniemeester, of ons generasie weet net nie meer wat dit beteken nie, maar dit is soveel meer as net ‘n titel. Jeandré Venter dink aan ALLES! Als wat jy nie aan kon dink nie, vergeet het of nie geweet het nie. Hy tref reëlings wat verseker dat als glad en op tyd verloop, sorg dat die gaste welkom voel terwyl die bruid en bruidegom finale voorbereidings tref, hou die mense besig en sorg dat hul weet wat gaan vir wat terwyl jy en jou ander helfte rustig fotos neem. Hy sorg vir vermaaklikheid soos nog nooit van te vore, tot jou knorrigste oom en primitiewe ouma sal lag dat die valstande vlieg!

Ek waarborg dat julle troue sal glad verloop, die gaste sal nie verveeld wees nie en hulle sal ook vermaak geniet vanuit die boonste rakke. Jy en jou liefie sal self vermaak word en ‘n paar oulike verrassings kry wat ‘n glimlag sal verseker! Daar gaan ‘n oepsie of onbeplande ding of twee wees, maar niks wat Jeandré nie vir jou kan uitsorteer nie. Al wat op die ou einde van die dag oorbly is die foto’s en herinneringe. Niemand gaan eers die pastoor se pragtige preek onthou nie, maar wat hul wel gaan onthou is dat dit ‘n prettige, lekker troue was waar hulle hulself geniet het.

Julle kan nie verkeerd gaan met Jeandré nie, sonder hom was ons troue nie wat dit was nie. Daai dag is in n oogwink verby. Baie geld en maande se beplanning en daarom stel ons Jeandré voor om van die stres af te vat sodat julle as pasgetroudes net kan terug sit en elke sekonde van die dag saam kan geniet.

Ons sê baie dankie aan Jeandré vir als wat hy doen om mens se dag soveel meer spesiaal en minder stresvol te maak.

Groete
Theuns & Lindi Loubser

BRIEF VAN DIE OUERS

As ouers van die bruid wil ons graag hiermee ‘n aanbeveling maak aan enige persoon wat ‘n huwelik, patytjie, bekenstelling of enige seremonie wat gehou word beplan. Ons deel graag ons ondervinding na ons dogter se troue waar Jeandré as seremoniemeester opgetree het
Sy profesionele vooraf beplanning en die dag se verloop self was ONVERBETERLIK!

Ons het regtig nie geweet hoe om die troue te hanteer met die twee uiteenlopende families wat nog baie vreemd vir mekaar was en dan nog daarby was daar van alle ouderdomme mense ook…en dan nog die gewoonlike lang wag vir die foto’s wat geneem moet word.

Danksy Jeandré se briljante en verrassende program was daar geen stres of probleme nie, want oud en jonk, bekend en onbekend het soos ou vriende als saam geniet en lekker gelag sodat die tyd net te vinnig verby gevlieg het voor die Bruidspaar gearriveer het.

Die aangename verrassing toe die Bruidspaar die onthaalsaal binnestap, was verseker vir almal die hoogtepunt van die aand!

Al die gaste kon nie uitgepraat raak oor dié lekker troue nie, selfs oupa’s en ouma van in die 80’s sê dit was sovêr die LEKKERSTE troue ooit!!!

VIR ‘N UITMUNTENDE STRESLOSE TROUE/FUNKSIE SAL ONS JEANDRÉ HOOGS AANBEVEEL!!!!!!

Alfons & Gilda Jonker
Jonkershoek

FLEUR DE LYS TROUE

Bruidspaar: Nico & Michelle Prinsloo
Trou Datum: 28 Julie 2018
Trou Venue: Fleur de Lys Wedding Venue
Adres: Fleur de Lys Boerdery Klaserie, Amanda, Kapama Game Reserve, Hoedspruit 1380
Kontak: 079 505 3665

BAIE DANKIE!

Groete 
Nico & Michelle

KUTHABA BUSH LODGE WEDDING

Bruidspaar: Adrian & Bianca Binney
Trou Datum: 3 November 2018
Trou Venue: Kuthaba Bush Lodge
Adres: Driefontein Rd, Nylstroom, 0510
Kontak: 072 641 9751

A HUGE THANK YOU!!!!

Regards
Adrian & Bianca Binney

LACE ON TIMBER TROUE

Bruidspaar: Marco & Ruzanne Croucamp
Trou Datum: 16 Desember 2018
Trou Venue: Lace on Timber
Adres: Plot 24 Kiepersolweg, Rayton, 1020
Kontak: 083 843 8118

Hierdie aanbevelingsbrief dien as ‘n danksegging vir jou dienste en lofprysing van die sukses wat jy behaal het deur ons troudag perfek te gemaak het. Dit is sonder twyfel een van die grootste redes hoekom ek en my vrou vandag agteroor kan sit en se dit was werklik n spesiale en suksesvolle dag.

Wanneer dit by die keuse van ‘n seremoniemeester kom moet jy en jou aanstaande dit baie sterk oorweeg om gebruik te maak van ‘n buitestaander. Dit was een van ons beste besluite en waarde vir geld. ‘n Seremoniemeester kan jul spesiale dag maak of breek. As jul enigsins twyfel,is jul nou by die regte plek.

Jeandre het die aand behoorlik bestuur en seker gemaak dat daar geen onsekerheid by die gaste is nie, hy het die program met ons (die bruidspaar) vooraf beplan vir die aand sodat alles vlot kon verloop. Met kort beplannings vergaderings voor die groot dag het ons al ons wense met hom gedeel en hy het seker gemaak dat alles verloop soos ons dit sou wou gehad het. Hy het ons (bruidspaar) voorwaar op sy hande gedra. Op die dag van die troue was daar nie een enkele geval waar n verskaffer na my of my vrou toe gehardloop het en gepeper het met vrae nie. Volgens my en my bruid het die dag seep glad verloop, dalk weet Jeandre van n paar goed wat uitgesort moes word. Dit is hoekom jy nie sonder hom kan nie. Die tydsberekening en al die reelings op die dag was deur hom behartig. Daar was nie n enkele ding uit sy plek of persoon wat verdwaald gelyk het nie. Hy het tot gehelp om te verseker dat almal binne minimum tydperk kos gekry het!!!

Terwyl die gaste vir ons gewag het, het hy die gaste vermaak en besig gehou deur vir hul ‘n dansie te leer. Die gaste het geskater van die lag en tot vandag, kan hul nie opgepraat raak oor die pret wat ons gehad het nie.

Die seremoniemeester is die persoon waarop jy die meeste gaan staatmaak op jou troudag! Hy is die kontakpersoon tussen die bruidspaar en die platejoggie, venue, spyseniers, fotograaf en videograaf en help hulle met vrae en versoeke. Om enige verleentheid te verhoed, maak gebruik van ‘n professionele persoon en geniet die aand.

Jeandre baie dankie vir jou ongelooflike diens en mag jou talent nog vele mense se harte steel.

Die Croucamp’s

 

MORGENZON TROUE

Bruidspaar: Dirk & Miné Koekemoer
Trou Datum: 16 Februarie 2019
Trou Venue: Morgenzon Estate
Adres: 12 Airport Rd, Cynthia Vale AH, Pretoria, 0001
Kontak: 079 895 8324

Liefste Jeandré & Zirkia,

Ons was bevoorreg om jou as ons MASTER OF CEREMONIES te gehad het.

Sonder jou sou ons troudag glad nie so suksesvol en besonders gewees het nie. Van die begin van die beplanning saam jou en jou vrou Zirkia, was dit ‘n onvergeetlike reis tot die oggend na die troue by ons familie ontbyt. Julle beplannings vernuf en “attention to detail” word opreg waardeer.

Jy het ons gaste so besonders ge-entertain, hul almal op hul voete gehad met jul dans passies. Jul het elke oomblik van ons dag so besonders gemaak. Jou reëlings was perfek, die beplande tye het vlot verloop. Jy en Zirkia het ons soos koninklikes behandel op ons troudag.

Jou program van die dag was uiters besonders. Ons gaste het ieder en elkeen terug gekom en gesê dit was die mooiste en lekkerste troue ooit!

Met die besonderse woorde: “Waar kry jy die awesome seremoniemeester, hy het absoluut die aand gemaak.”

Nogmaals baie dankie dat jy en Zirkia ons sprokies dag onvergeetlik gemaak het. ?

Liefde
Dirk & Miné Koekemoer


RED IVORY WEDDING

Bruidspaar: Emile & Lauren van Wyk
Trou Datum: 29 Maart 2019
Trou Venue: Red Ivory Wedding Venue
Adres: R560, Hartbeespoort, 0216
Kontak: 082 493 3212

Before I start writing the letter with some detail, the biggest thing I am grateful for coming across our paths for our wedding day is you!

I don’t think words can really describe how much value you have added to our wedding day, we had so many guest coming to us and saying it’s the best wedding they have ever been too. That is largely due to the entertainment and structure you brought to our wedding.

I want to express again on the structure that you brought to the day and the experience you in running weddings is just amazing.

You ran the day and ensure everything went smoothly, where ever there was time delays you came to us with suggestions to adjust to stay on schedule and it worked. Where ever we had problems before the wedding day that we communicated with you, you put in the extra effort to give suggestions that once again worked.

Most importantly you took a lot of stress off our shoulders leading up to and on the day which allowed us to have the time of our lives on our special day.

Whoever doesn’t book you would be making the biggest mistake, you’re an entertainers Jeandre and the people loved you at the wedding, even when it came to the formalities that people normally want to pass quickly you made it more fun.

Also the surprises you had for us through the course of the wedding was so amazing and you made it so special for us. Even now when we go visit friends and family they still speak about how much fun they had.

Last thing I’d like to point out is that the guested who did not know we hired you as a professional MC thought you were part of the friends or family that we choose to make an MC, you managed to make the speakers coming up feel good before their speech and spoke in such a way that you blended in as family

My word to you at one point during the wedding when you came to chat to me quickly was, YOU ARE AWESOME! and I meant that from the deepest part of my heart.

Thank you for everything Jeandré

Emile & Lauren van Wyk
Wedding at Red Ivory

FLEUR DE LYS TROUE

Bruidspaar: Peter & Renette Gildenhuys
Trou Datum: 20 April 2019
Trou Venue: Fleur de Lys Wedding Venue
Adres: Fleur de Lys Boerdery Klaserie, Amanda, Kapama Game Reserve, Hoedspruit 1380
Kontak: 079 505 3665

Pa se, ma se trou is ‘n lekker ding!

Ek stem definitief saam met Jeandre as seremoniemeester by ons troue!

Hy is ‘n gebore seremoniemeester en middel man wat bygedra het tot groot plesierigheid by die onthaal! Ons sprokiestroue was gevul met groot pret en plesierigheid.

Nooit het ons gedink dat ‘n seremoniemeester so ‘n belangrike rol kan speel by die atmosfeer van ‘n troue nie. Jeandre het alle reëlings van die onthaal so suksesvol bymekaar gebring. ‘n Atmosfeer van vermaak waar almal saam skater van die lag terwyl oues en jonges saam dans.

Dit was lekker om te hoor dat gaste gesels oor die lekkerste te troue en dit alles te danke aan Jeandre. Geen bruid sal ooit 100% beheer oor haar groot dag kan hê nie, dus om te verhoed dat jou spesiale dag in ‘n flop verander, is Jeandre as seremoniemeester ‘n moet by jou troue!

Baie dankie
Renette & Peter Gildenhuys

Groete 
Peter & Renette Gildenhuys

CHAMBERLAIN CARNIVAL & COLOUR 2019

Corporate: Chamberlains Montana
Event: Chamberlain Carnival 2019
Datum: 1 – 2 Junie 2019


Corporate: Chamberlains Montana
Event: Colour Carnival 2019
Datum: 17 Augustus 2019

 

 

It is our pleasure to recommend Jeandre Venter. We utilised Mr. Venter’s talent as an MC at a few
of our Chamberlains in-store events hosted earlier this year.

His enthusiasm and energy made a huge impact on our staff, creating an exciting atmosphere
within our Montana store. We definitely recommend his professional service for your next private
or corporate event.

We trust that you will find Mr. Venter’s sense of cheer and great spirit as a highlight at your event.

Kind Regards,
Assistant Branch Manager
Chamberlain Montana
Rianne Kruase

DIE AKKER TROUE

Bruidspaar: Henco & Helandi Smit
Trou Datum: 29 Junie 2019
Trou Venue: Die Akker Trou Venue
Adres: Plot 138 Mooiplaats Donkerhoek, Pretoria, 0028
Kontak: 012 817 2177

Sjoe, wat om als te skryf?

Eerstens wil ons net sê baie dankie vir al jou geduld, moeite en energie.

Henco wou eers nie byt aan die idee om ń seremonie meester nie, maar na ons eerste ontmoeting was hy oortuig. Jeandre ken sy storie en dink aan absoluut alles! Met die seremonie het hy alles seepglad laat verloop.

My gaste is absoluut gek oor hom en hy het dit selfs die mense gekry om te dans wat ek nog nooit sien dans het nie.

Die atmosfeer was aansteeklik. Hy mag dalk net die oorsaak wees van ń paar van my lag plooie.

Ek sal hom oor en oor aanbeveel vir elke trou paartjie want hierdie man mag maar!!!

Groete
Henco & Helandi

 

RED IVORY WEDDING

Bruidspaar: Paul & Ilke Vorster
Trou Datum: 20 Julie 2019
Trou Venue: Red Ivory Wedding Venue
Adres: R560, Hartbeespoort, 0216
Kontak: 082 493 3212

A HUGE THANK YOU to Jeandré & his wife Zirkia!!!!

 

Regards
Paul & Ilke Vorster

BOS LAPA TROUE

Bruidspaar: Dewald & Eloise Visser
Trou Datum: 27 Julie 2019
Trou Venue: Bos Boma
Adres: Plot 92, Pretoria, 0002
Kontak: 078 265 0650

DANKIE VIR ‘N ONVERGEETLIKE TROU ERVARING.

Jy het ons spesiale dag een vir die boeke gemaak en die gaste absoluut bederf. Wat jy doen is ‘n kuns en het jou deurdagte beplanning ons toegelaat om net die dag met ons mense te geniet en was selfs laaste minute veranderinge, onwetend aan ons, net inkorporeer.

Gaste was baie beïndruk dat jy leiding kon neem en ons nie een oomblik moes dink oor wanneer die koek gesny, waar die geskenke geplaas, hoe en wanneer eet ons en wat is die beplanning met die dansvloer opening, ens.

Al die klein jakkalsies wat so baie tyd kan steel op so dag, was nie eers vir ons nodig om te bestuur.

Waarlik ‘n kuns en ‘n besturing op so spesiale troudag, inteendeel enige groot viering wat ons weer sal hou.

Innige waardering,

Dewald en Eloise

GASTE TERUGVOER:

Die was een van die lekkerste troues nog en ek dink Jeandré die seremonie meester het baie daarmee te doen gehad. Hy het die oemf in die aand lewendig gehou met al sy speletjies en humor. Ek kon sien almal het dit gate uit geniet. Beveel hom 100% aan vir enige funksie! ?

Lenie Lavery

Al wat ek kan sê van Jeandre is dat hy ‘n puik seremoniemeester is hy het die gaste almal mooi bymekaar laat kom en van die aand ‘n fun aand gemaak. Ek persoonlik dink ‘n seremoniemeester kan so ‘n aand maak of breek. Dankie Jeandre sal jou enige tyd aanbeveel en ook gebruik vir ons volgende kinders wat trou.

Elize Germishuys (Ma van die bruid)

Jeandre het my oë laat oopgaan tydens die onlangse Visser troue. Ek het voorheen besef hoe belangrike rol n seremoniemeester speel maar nooit besef dat een ou so heuglike gebeurtenis so kan opkikker nie. Jeandre het van die woord go af alles in hand gehad. Ek is gewoond daaraan dat die seremoniemeester eintlik net die onthaal hanteer. Hierdie ou het alles gedoen. Selfs gehelp om die groepe op te stel vir die fotos. Die fotograwe het tydens die funksie vir my gesê hulle was nog nooit by n troue waar die groepe so goed georganiseerd was nie. Alles maar alles tydens die onthaal was professioneel en smaakvol gedoen. Ek is beïndruk. Die gaste het so lekker gelag en gekuier en hy was deel van die oorsaak. Ek het net besef dat n troue soveel geld kos n mens is dom om af te skeep op die seremoniemeester. Mens kan sien Jeandre geniet hom gate uit en hy het baie ondervinding. Ek sal hom enige tyd wil gebruik vir ons twee volgende huwelike. Hopelik hierdie tyd volgende jaar?.

Piet Germishuys (Pa van die Bruid)

Ek het die seremoniemeester baie geniet. Hy is n aanwins vir enige geleentheid. Sy energie en humor, was aansteeklik. Die feit dat sy grappe skoon is en niemand ongemaklik maak nie, is spesiaal! Volgens my opinie sal hy enige geleentheid en okkasie maak, omdat hy kreatief is.

Ina du Toit


SURVAL BOUTIQUE OLIVE ESTATE TROUE

Bruidspaar: Carike & Mauritz Rademeyer
Trou Datum: 10 Augustus 2019
Trou Venue: Surval Boutique Olive Estate
Adres: R328 & Cango Caves Road, Oudtshoorn, 6620
Kontak: 087 350 1950

Seremoniemeester van Formaat

Ons almal weet om ‘n troue te beplan is beslis ‘n kuns. Die stresvlakke en senuwees loop hoog en als moet perfek wees vir die sprokiesdag waaraan ons maande lank beplan het. Elke verskaffer se dienste word behoorlik gefynkam en dan word die finale besluite geneem. Uiteindelik kom die finale groot besluit wat gemaak moet word….wie gaan ons aanstel as ons seremoniemeester? Sonder twyfel, het ons onmiddelik geweet ons gaan vir Jeandre Venter hierdie eer gee.

Ons het die wonderlike voorreg gehad om vir Jeandre as ‘n goeie vriend, asook ons seremoniemeester by ons troue te kon hê. Die pligte van ‘n seremoniemeester is beslis nie iets wat elke persoon kan bemeester nie en Jeandre was uitstekend. Elke oomblik vandat die gaste gearriveer het tot die laaste gaste wat nog wil kuier tot die son opkom was hy betrokke.

Jeandre het tot een van ons gaste gehelp om haar skoen reg te maak nadat dit gebreek het….absolute toewyding.

Ons het vooraf al die beplanning vir die groot dag met Jeandre bespreek en ons was dadelik op ons gemak toe ons besef hoe professioneel hy is en die moeite wat hy doen vir al sy bruidspare. Daar is nie ‘n lekkerder gevoel vir ‘n bruidspaar om te weet dat hulle die hele dag se reëlings net so kan oorgee aan iemand sonder enige bekommernis van iets wat moontlik mag skeefloop nie.

Die gaste het presies geweet wat gedoen moet word en waarheen om te gaan en wanneer iets gaan gebeur. Die personeel van die venue asook die ander verskaffers was heeltyd ingelig van als en kon so ook inval by die beplanning van die dag.

Die hoogtepunt van ons aand was beslis die danspassies wat Jeandre vir ons gaste geleer het tydens ons fotosessie. Daar word die bruidspaar skielik verras met gaste wat vir ons wys hoe word ‘n ding of twee gedoen as dit kom by dans. Jeandre het ‘n paar geheime vir ons gelos vir die groot dag en dit het werklik als net soveel meer opwindend gemaak. Als het in mekaar gevloei en elke oomblik sal deel van ons herinneringe bly.

Jy moet weet Jeandre was die regte keuse, as ons na die troue soveel komplimente van die gaste, venue en verskaffers ontvang oor hoe beindruk hul was met ons seremoniemeester.

Wat ‘n wonderlike ervaring vol vreugde en geluk en dit was absoluut te danke aan ons seremoniemeester en vriend Jeandre.

Groete
Die Rademeyers

WATERFALL COVE TROUE

Bruidspaar: Ruan & Marliza Vermeulen
Trou Datum: 1 November 2019
Trou Venue: Waterfall Cove
N14, Muldersdrift, Krugersdorp
Kontak: 076 753 2754
Uitstekende diens!
Jeandre het vreeslik baie moeite gedoen om seker te maak ons troudag verloop so glad as moontlik en het deurebtyd seker gemaak dat ons, as bruidspaar versorg was!
10 uit 10 – Baie dankie
Groete 
Ruan & Marliza Vermeulen
 

IMPERFECT PERFECTION TROUE

Bruidspaar: Jaco & Lieschen Bester
Trou Datum: 23 November 2019
Trou Venue: Imperfect Perfection
Plot 160 Tierpoort
Kontak: 082 456 5455

My hele troue was absoluut amazing en Jeandre het n baie groot rol daarin gespeel.

Ek het oor niks bekommer nie!

Hy het die gaste entertain, gesorg dat die program glad verloop en dat daar niks tot die bruid en bruidegom se aandag gebring word wat hy self kon uitsorteer nie. ?

Die hele onthaal was n baie groot sukses alles te danke aan hom! Ek sal hom verseker vir enige troue aanbeveel!

My droom troue is bewaarheid. My hart word sommer warm net om weer daaraan te dink!

Groete
Lieschen & Jaco Bester

 

AMAROSA TROUE

Bruidspaar: Anja & JP De Lange
Trou Datum: 30 November 2019
Trou Venue: Amarosa Wedding & Conference Venue
Vontina AH
Kontak: 071 482 7186

Mense kan nou nog nie uitgepraat raak oor hoe lekker ons troue was nie!

As daar een ding is waaroor almal saamstem is dit die feit dat ons troue nie dieselfde sou wees sonder Jeandré en sy vrou nie.

Jeandré het seker gemaak dat ons troudag seepglad verloop en het die gaste reg deur die aand vermaak.

Ons kon met ‘n geruste hart die trou reëlings & verrigtinge oorlaat in sy hande en ons het onsself geniet.

As ons 100 keer oor kon trou, sou ons elke liewe keer vir MC Jeandré Venter deel maak van ons span.

Groete
JP & Anja De Lange

 

CASA MIA TROUE

Bruidspaar: Niel & Maryke Mostert
Trou Datum: 21 Desember 2019
Trou Venue: Casa Mia Country Estate
Adres: 34, Nooitgedacht, Cullinan, 1000
Kontak: 082 578 6634

Die eerste naam wat ons gaste genoem het na ons troudag: Jeandrè!

Ons dag sou verseker nie so suksesvol wees as dit nie vir Jeandrè en sy kreatiewe speletjies en verrassings was nie.
Ons het ‘n hele paar “probleempies” gehad bv. ‘n baie warm saal in die middel van Desember met geen waaier en almal wou net buite die saal wees maar Jeandrè het die gaste so besig gehou dat die hitte nie eers gepla het terwyl elke enkele persoon gedans het en selfs die goues deel van die speletjies wou wees en so laf was. My maag was lanklaas so seer van lag ?

Ons het hom slegs ‘n paar dae voor die troue ontmoet vir beplanning en hy het ons hoogste verwagtinge oortref.

Jy dink alles is gedoen en dan op nr 99 is daar altyd mos ‘n berg klein goedjies en reëlings en begin die spanning of alles gaan klaar kom en of dit ‘n sukses gaan wees. Jeandrè het al daardie spanning met sy vrye gees en foutlose direksie rondom die reëlings gedurende die hele proses soveel ligter gemaak vir ons. Ons het nie een oomblik nodig gehad om na tyd te kyk. Hy het alles bestuur, van die fotograwe, deur tot by die DJ en selfs die onthaal personeel!

Ons troue was ‘n ongelooflike groot sukses as gevolg van sy beplanning op die dag en sal vir altyd vir ons en ons gaste een van die hoogte punte bly op ons sprokies dag. Sy energieke persoonlikheid is aansteeklik!

Jeandrè Venter is verseker ‘n belangrike “tick” op die lys en ons sal hom sonder twyfel aanbeveel.

Jeandrè, om dankie te se begin nie eers om te verduidelik hoe spesiaal jy ons dag vir ons gemaak nie.

Dankie, dankie, dankie!
Niel en Maryke Mostert

RUSTIC ROCK TROUE

Bruidspaar: Michael & Tania Vermeulen
Trou Datum: 25 Januarie 2020
Trou Venue: Rustic Rock Venue
88 Bon Accord Road. Bon Accord. Pretoria.
Kontak: 065 846 4367
 

GOEDGEDACHT TROUE

Bruidspaar: Maurice Smith & Corrie Smith
Trou Datum: 22 Februarie 2020
Trou Venue: Goedgedacht Wedding Venue
Kontak: 0828720160
 

A TRUE MASTER OF CEREMONY

Jeandre, from the first moment we saw how you can entertain a crowd, Maurice and I immediately new that you MUST be our MC at our wedding.

Thank you for making our special day flawless, thank you for keeping our guests entertained and taking all the stress away from us.

For any newly engaged couples I would definitely recommend having THE TRUE MASTER OF CEREMONIES!

You are Brilliant in so many ways and we can’t thank you enough.

PS: Everybody still talks about how much fun our wedding was with you leading all the way.

Kindest regards,
Maurice & Corrie Smith

 

PONT DE VAL TROUE

Bruidspaar: Zandré & Chené Oberholster
Trou Datum: 14 Maart 2020
Trou Venue: Pont de Val
Wedding Venue
212 Boundary Rd, Cote de Val, Parys District
Kontak: 016 004 0019

Elke vrou droom van haar troudag!! Ons was gelukkig genoeg om voor lockdown nog die knoop deur te haak.

‘n Klompie maande voor ons troue, het ek al begin MC soek en vir Jeandré gevra vir n kwotasie. Nietemin het ek vergeet om dit verder te vat en 2 maande voor ons troue skrik ons wakker en besef ons kort n MC wat ons troue net next level toe gaan vat! Ek onthou toe van Jeandré en vra of hy nog beskikbaar is, toe is my bruid-hart verpletter toe hy se hyt reeds n troue! ??

2 Weke later vra Jeandré het julle al iemand want sy ander bruidjie moes ongelukkig kanselleer. Kinderlik opgewonde (op en af gespring van excitement waar mense jou weird aankyk) besluit ek en my man ons kan nie die kans laat verby gaan nie.

En raai wat???? Al ons verwagtinge is oortref en so ook ons gaste s’n! Ons het nog nie van een van ons gaste gehoor dit was n boring troue nie, almal komplimenteer ons net oor hoe awesome dit was en dat hulle wens hulle weer so aand kan hê.

(Glo my, ek en my man sal nie mind om weer so topklas aand te hê nie)

Dankie J vir jou awesomeness!

Groete 
Zandré & Chené Oberholster

 

KOM ONS PRAAT!

Waarmee help ek? Stuur ‘n epos of moenie huiwer om my direk te kontak of WhatsApp met enige navrae nie.