

In 2013 verwerf Jeandré ‘n Nasionale Diploma in Uitvoerende Kunste – Musiekteater te TUT Kunstedepartement en later Oakfield’s College. Hy is ook deeltyds aangestel as afrigter en drama-onderwyser vir Jo-Crystal Dramaskool, en gee dramaklasse, rig af en skryf tekste by laerskole in en rondom Pretoria.
Hy begin ook in dieselfde jaar sy eie dramabesigheid – The Beatz.
Jeandré speel verskillende rolle vir Add-Life Produksies soos Ester, Dawid en Liefling – Die Musiekblyspele. Hy hou ook sy lyf akteur in 2012 met Paisley Productions se African Adventure waar hy die rol speel van Frik, die aaklige Renosterstroper. 2013 was ‘n besige jaar, waar Jeandré by die Aardklop Nasionale Kunstefees die verhoog bestuur en assisteer by talle groot produksies soos Die Leo’s, Tango, en Macbeth Slapeloos, en werk saam met name soos Tobie Cronje, Sandra Prinsloo, Dawid Minnaar, Anna-Mart van der Merwe en Gys de Villiers. Hy het in dieselfde jaar ook by Oakfield’s College rolle verwerf in ‘Hot Mikado’ en ‘Heart and Music’, wat uitstekende resensies in die media verwerf het. Hy tree op as danser in ‘n bekende Franse Duluxadvertensie en teken kontrak met Vital Kids vir hulle roadshow, waar hy as ‘Lola the Show Cow’ mascot en die land vol toer.
Hy vertolk ook ‘n klein rol in 7de Laan as ‘n bagasiedief tydens “Clara” se ontvlugting. Verhoogbestuur is een van sy sterk punte en hy bewys dit by Minimax se ‘Suncares Charity Showcase’ saam met PJ Powers by Gold Reef City se Lyric-teater en later die jaar by Die Groot Gees Fees in Pretoria.
Hy was deel van talle produksiespanne onder andere Droomkind, Dawid die musical en Reik na die Sterre. Jeandré is die afgelope twee jaar ook ‘n beoordelaar by Tukkies se Sêrrie Finaal waar hulle die top 10 koshuise beoordeel en die wenner aanwys. Hy is ook deel van die bestuur, afrigtingspan en dien as hoof beoordelaar van die Limpopo Sêrrie streekfinaal sedert 2015. Dit is sy passie om jong kinders te inspireer, motiveer en bemoedig in die kunste. In 2019 dien Jeandré op die beoordelaars paneel van die Tshwane Youth Arts Festival se Kaleidoscope-kunswedstryd. Jeandré het sy lyf weer akteur gehou in 2017 by die suksesvolle produksie Houtkruis die Musical saam met name soos Jannie Moolman, Marno van der Merwe, Zita Pretorius en Rouel Beukes.
Hy is tans ‘n Portefeulje Bestuurder en hou homself besig met deeltydse beoordeling en seremoniemeester werk vir verskeie geleenthede, troues en funksies, waar hy meer as sewe jaar professionele ondervinding opgebou het.
KOM ONS PRAAT!
Waarmee help ek? Stuur ‘n epos of moenie huiwer om my direk te kontak of WhatsApp met enige navrae nie.


